Hosting and Design sponsored by: Office Solutions and Internet Generation, Joubertina, tel 082 921 1701 email: jbt@igen.co.za your Wireless Internet specialists

ALGEMENE REËLS EN REGULASIE

Kliek hier om die Algemene Reëls en Regulasie af te laai

  1. Inskrywings en inskrywingsgelde sal alleen van lede ontvang word. Inskrywings moet gemaak word op die gedrukte vorms wat die skouboek vergesel.
  2. Diere wat ly aan aansteeklike of besmetlike siektes sal nie op die terrein toegelaat word nie.
  3. Lewende hawe moet op die dag van die tentoonstelling gereed wees vir beoordeling soos aangedui op program.
  4. Enige persoon, dier, voertuig of vertoning betree skouterrein op eie risiko, of risiko van eienaar en die Genootskap vrywaar homself teen enige skade of eise.

Skou

  1. Die tentoonstelling sal oop wees vir die publiek van 08h00 - Vrydag, 30 September 2011.

Toegangsgeld

  1. Volwassenes R20.00, Kinders R5.00
  2. Lede wat hul lidmaatskapgeld betaal het, word vry toegelaat mits hulle, hulle lidmaat-skapkaartjie by die hek toon. Lidmaatskapgeld is R30.00 per persoon.

Beoordeling

  1. Beoordelingstye sal in aanvang neem soos aangedui by verskillende afdelings en die beslissing van die beoordelaars is finaal.
  2. Geen persoon sal toegelaat word om as beoordelaar te ageer in enige klas waarin hy/sy persoonlike belang het nie.
  3. Beoordelaars word vriendelik versoek om vertoners, indien gevra word, alle inligting en informasie van hul eie vertonings te gee na die dag se beoordeling afgehandel is.
  4. Vertoners mag op geen manier die beoordelaars verhinder in die uitvoering van hul pligte nie.
  5. Tydens die beoordeling mag die naam of merk van die eienaar, maker of vertoner nie op die insending of hok verskyn nie.
  6. Prysgelde word tydens skou oorhandig tensy anders deur vertoners gereël.

Algemeen

  1. Diere mag in meer as een klas ingeskryf word, tensy anders vermeld.
  2. Enige persoon wat enige van die voorafgaande reëls oortree en/of wat hom skuldig maak aan wanordelike gedrag op die terrein word blootgestel om as onbevoegd verklaar te word om aan toekomstige tentoonstellings deel te neem, en enige prysgelde wat nog in die hande van die komitee mag wees, mag verbeurd verklaar word.
  3. Alle korrespondensie moet gerig word aan:
    Die Sekretaris, Posbus 83, Uniondale 6460
    Telefoon: 044-7521047 (W) 044-7521318 (H)
  4. In enige klas vir lewende hawe moet die skoudier die tipe wees soos vir daardie besondere klas ingeskrywe is, met ander woorde, ‘n perd kan nie as Arabier en ook terselfdertyd as Boerperd ingeskryf word nie
  5. Voer sal beskikbaar wees vir vertoners teen vergoeding.
  6. Hoof- en hulpkonvenors het volmag in hul besondere afdeling. Alle persone wat insendings onder hul toesig het is onderworpe aan die bevele van bogenoemde. Geen persone, behalwe hoof- en hulpkonvenors en persone wat diere lei, sal in die beoordelingskring toegelaat word terwyl beoordeling plaasvind nie. Alleen een verteenwoordiger van vertoner (in geval van perde twee) sal toegelaat word om elke dier in die kring te vergesel, bulle ingesluit.
  7. Die hoof- en hulpkonvenors mag geen insending beredeneer met die beoordelaars nie, nog minder opinies verleen met die beoordeling van so ‘n insending en insendings.

Stalletjies

  1. Die huur van ‘n standaard grootte stalletjie sal vir die duur van die skou R350.00 beloop. Ledegeld van R30.00 per vertoner is ingesluit. Dubbel – R600