Hosting and Design sponsored by: Office Solutions and Internet Generation, Joubertina, tel 082 921 1701 email: jbt@igen.co.za your Wireless Internet specialists

Dorpers Skape

Beoordelingstyd: Saterdag 30 September 2011 om 9:30 vm

Kliek hier om inskrywingsvorm af te laai

Reëls en regulasies met betrekking tot amptelike streekskoue
Handelswolsterktes sal nie noodwendig by veseldiktebepaling vir die verskillende seksies van toepassing wees nie en landbougenootskappe kan self besluit oor die benaming van die twee seksies waarin meegeding sal word.

  1. Vertoners word aangeraai om die algemene reëls en regulasies met betrekking tot hierdie afdeling na te gaan.
  2. DISKWALIFIKASIES:
    1. By beoordeling sal die Genootskap se amptelike lys van  prulfoute in aanmerking geneem word.
    2. Die Hoofskaapbeampte behou die reg voor om toegang te weier aan enige dier wat met siekte of parasiete besmet is.Sodanige insending sal nie toegelaat word om mee te ding nie en die eienaar sal dienooreenkomstig in kennis gestel word.
  3. SKAAPLUIS:  Alle skape wat op die tentoonstellingsterrein gebring word moet vry van skaapluis wees.
  4. BEDROG:  Die Genootskap behou die reg voor om enige dier te diskwalifiseer en handelend teen die eienaar op te tree by die ontdekking van  enige bedrog of oneerlikheid met die bereiding, eienaarskap of gegewens van enige tentoongestelde dier.
  5. NIE-TOEKENNING VAN PRYSE:  Die beoordelaars is by magte om, volgens hul oordeel, nie pryse toe te ken in  gevalle waar die standaard van die tentoongestelde dier nie ‘n prys regverdig nie of waar dip, gebrek aan kondisie, ooreiste diens, ouderdom, oormatige bereiding ens. die vasstelling van die verdienste van diere onbetroubaar maak.
  6. Vertoners mag hul skape in enige seksie inskryf.
  7. ETIKETTE:  Elke vertoning moet ‘n etiket dra met besonderhede van afdelings, klas- en inskrywings- nommer en lengte van wol.
  8. VERTONERS:  Vertoners moet sorg dat hul diere stiptelik vir beoordeling ingebring en gehou word, anders sal hulle nie beoordeel word nie.
  9. KRUISINSKRYWINGS:  Kruisinskrywings word toegelaat.
  10. TANDE: ‘n Skaap met meer as twee permanente tande sal na die viertandklas oorgeplaas word. ‘n Skaap met meer as vier tande sal na die sestand tot agttandklas oorgeplaas word.
  11. BEOORDELINGSRING:  Geen vertoners mag gedurende beoordelingsdae die beoordelingsring binnegaan nie.

DORPER EN WITDORPER

Konvenor:  Japie Coetzee  Tel: 082 858 3251

Inskrywingsfooi:  R15 per dier met ‘n maksimum van R180

Klasse en beskrywings

  1. Ooilam 40 kg en onder      
  2. Ooilam 40 kg – 50 kg
  3. Ooilam 50 kg – 60 kg
  4. Ooilam oor 60 kg

    Junior Kampioen Ooi
    Res. Junior Kampioen Ooi
    Junior Kampioen Ram
    Res. Junior Kampioen Ram

  5. Ooi twee tand
  6. Ooi vier tand
  7. Ramlam 45 kg en onder
  8. Ramlam 45 kg – 60 kg
  9. Ramlam 60 kg – 75 kg
  10. Ramlam oor – 75 kg
  11. Ram twee tand
  12. Ram vier tand

    Senior Kampioen Ooi
    Senior Kampioen Ram

    Res. Senior Kampioen Ooi
    Res. Senior Kampioen Ram

    Groot Kampioen Ooi
    Groot Kampioen Ram

    Res. Groot Kampioen Ooi
    Res. Groot Kampioen Ram


  13.  
  14. Groep:  Drie ooilammers (ongewissel)
  15. Groep:  Drie ooie (twee tand)
  16. Groep:  Drie ramlammers (ongewissel)
  17. Groep:  Drie ramme (twee tand en oor)
  18. Groep:  Ram, ooi en twee lammers (enige geslag)
  19. Ooi met suiplammers

 

SLEGS eerste pryswenners van klasse 1,2,3,4,7,8,9 en 10 kan meeding vir Junior Kampioenskappe.
SLEGS eerste pryswenners van klasse 5,6,11 en 12 kan meeding vir Senior Kampioenskappe.
SLEGS Junior en Senior Kampioene kan meeding vir Groot Kampioenskappe.