Hosting and Design sponsored by: Office Solutions and Internet Generation, Joubertina, tel 082 921 1701 email: jbt@igen.co.za your Wireless Internet specialists

Velmerino Skape

Beoordelingstyd: Saterdag 30 September 2011 om 9:30 vm

Kliek hier om inskrywingsvorm af te laai

Reëls en regulasies met betrekking tot amptelike streekskoue
Handelswolsterktes sal nie noodwendig by veseldiktebepaling vir die verskillende seksies van toepassing wees nie en landbougenootskappe kan self besluit oor die benaming van die twee seksies waarin meegeding sal word.

  1. Vertoners word aangeraai om die algemene reëls en regulasies met betrekking tot hierdie afdeling na te gaan.
  2. DISKWALIFIKASIES:
    1. By beoordeling sal die Genootskap se amptelike lys van  prulfoute in aanmerking geneem word.
    2. Die Hoofskaapbeampte behou die reg voor om toegang te weier aan enige dier wat met siekte of parasiete besmet is.Sodanige insending sal nie toegelaat word om mee te ding nie en die eienaar sal dienooreenkomstig in kennis gestel word.
  3. SKAAPLUIS:  Alle skape wat op die tentoonstellingsterrein gebring word moet vry van skaapluis wees.
  4. BEDROG:  Die Genootskap behou die reg voor om enige dier te diskwalifiseer en handelend teen die eienaar op te tree by die ontdekking van  enige bedrog of oneerlikheid met die bereiding, eienaarskap of gegewens van enige tentoongestelde dier.
  5. NIE-TOEKENNING VAN PRYSE:  Die beoordelaars is by magte om, volgens hul oordeel, nie pryse toe te ken in  gevalle waar die standaard van die tentoongestelde dier nie ‘n prys regverdig nie of waar dip, gebrek aan kondisie, ooreiste diens, ouderdom, oormatige bereiding ens. die vasstelling van die verdienste van diere onbetroubaar maak.
  6. Vertoners mag hul skape in enige seksie inskryf.
  7. ETIKETTE:  Elke vertoning moet ‘n etiket dra met besonderhede van afdelings, klas- en inskrywings- nommer en lengte van wol.
  8. VERTONERS:  Vertoners moet sorg dat hul diere stiptelik vir beoordeling ingebring en gehou word, anders sal hulle nie beoordeel word nie.
  9. KRUISINSKRYWINGS:  Kruisinskrywings word toegelaat.
  10. TANDE: ‘n Skaap met meer as twee permanente tande sal na die viertandklas oorgeplaas word. ‘n Skaap met meer as vier tande sal na die sestand tot agttandklas            oorgeplaas word.
  11. BEOORDELINGSRING:  Geen vertoners mag gedurende beoordelingsdae die beoordelingsring binnegaan nie.

Veldmerino Skou

Konvenor:  Bermon Verster – Tel:  044 752 3174

Inskrywingsgeld:  R15-00 per dier met ’n maksimum R180-00.

Ledegeld:  R30-00

Langwol                             Kortwol
Groen - Linkerwang         Groen -Regterwang
Blou - Linkerwang            Blou - Regterwang
Rooi - Linkerwang            Rooi - Regterwang

KLASSE EN GEWIGTE

SPEENLAMMERS  - 7 MAANDE EN JONGER
Wollengte 2-6 cm
1.  Ongeskeerde Kortwol Ooilam              35kg en minder        (G)
2.  Ongeskeerde Kortwol Ooilam              36kg tot 42kg            (B)
3.  Ongeskeerde Kortwol Ooilam              43kg tot 50 kg           (R)
4.  Ongeskeerde Kortwol Ramlam            40kg en minder        (G)
5.  Ongeskeerde Kortwol Ramlam            41kg tot 47kg            (B)
6.  Ongeskeerde Kortwol Ramlam            48kg tot 50kg            (R)

GESKEERDE KORTWOL LAMMERS
Wollengte 6cm en minder
7.   Geskeerde Kortwol Ooilam                  38kg en minder        (G)
8.   Geskeerde Kortwol Ooilam                  39kg tot 45kg            (B)
9.   Geskeerde Kortwol Ooilam                  46kg tot 54kg            (R)
10. Geskeerde Kortwol Ramlam                48kg en minder        (G)
11. Geskeerde Kortwol Ramlam                49kg tot 60kg            (B)
12. Geskeerde Kortwol Ramlam                61kg tot 73kg            (R)

2-4 TAND KORTWOL OOIE EN RAMME
Wollengte 6cm en minder
13. Twee tot viertand Kortwol Ooi             43kg en minder        (G)
14. Twee tot viertand Kortwol Ooi             44kg tot 50kg            (B)
15. Twee tot viertand Kortwol Ooi             51kg tot 60kg            (R)
16. Twee tot viertand Kortwol Ram           65kg en minder        (G)
17. Twee tot viertand Kortwol Ram           66kg tot 73kg            (B)
18. Twee tot viertand Kortwol Ram           74kg tot 85kg            (R)

LANGWOL AFDELING

HOGGET – LAMMERS
19. Hogget Ooilam               40kg en minder        (G)
20. Hogget Ooilam               41kg tot 47kg            (B)
21. Hogget Ooilam               48kg tot 56kg            (R)
22. Hogget Ramlam             50kg en minder        (G)
23. Hogget Ramlam             51kg tot 60kg            (B)
24. Hogget Ramlam             61kg tot 73kg            (R)

GESKEERDE LANGWOL LAMMERS
25. Geskeerde Langwol Ooilam                40kg en minder        (G)
26. Geskeerde Langwol Ooilam                41kg tot 47kg            (B)
27. Geskeerde Langwol Ooilam                48kg tot 60kg            (R)
28. Geskeerde Langwol Ramlam              50kg en minder        (G)
29. Geskeerde Langwol Ramlam              51kg tot 60kg            (B)
30. Geskeerde Langwol Ramlam              61kg tot 73kg            (R)

2 – 4 TAND LANGWOL OOIE EN RAMME
Wol langer as 6cm
31. Twee tot viertand Langwol Ooi           45kg en minder        (G)
32. Twee tot viertand Langwol Ooi           46kg tot 52kg            (B)
33. Twee tot viertand Langwol Ooi           3kg tot 65kg               (R)
34. Twee tot viertand Langwol Ram         67kg en minder        (G)
35. Twee tot viertand Langwol Ram         68kg tot 75kg            (B)
36. Twee tot viertand Langwol Ram         76kg tot 90kg            (R)

SPESIALE KLASSE
37. Groot Kampioen Ooi
38. Groot Kampioen Ram

SPESIALE OORGEWIG KLASSE
Hierdie skape mag nie in klasse 37 en 38 deelneem nie.
39. Kampioen Oorgewig Ooi
40. Kampioen Oorgewig Ram
41. Beste Bouvorm (Net geplaas in Kampioenskappe word   
in aanmerking geneem.)

LET WEL:  Skape mag nie getrim word nie, slegs gemikskeer.  Skape wat tekens toon van byknip sal deelname geweier word.  Veldskape se tip moet natuurlike verwering toon.  Skape mag nie voor skou onderdak gehou word nie.